Torrijas
Torrijas is baie tipies Spaans. Dis wat die meeste Spanjaarde sal eet gedurende die paasfees. Dit is so eenvoudig en maklik om te maak. Met hierdie tyd waarin ons nou leef….ek praat nou van die krisis wat op almal se lippe is…is dit die ideale nagereg om te maak. Goedkoop en baie maklik.
Torrijas kom van die woord torrar of tostar ….. wat beteken om te rooster of te braai. In die geval braai in olie. Die naaste wat ek dit in afrikaanse kan vertaal is om dit “braais” te noem.
Net so vir interessantheid….dit word uit gespreek TO_RIE_GAS. ´n J word soos ‘n G soos in graf uit gespreek in Spaans.
Jy’t nodig:
6 sny ou brood, nie te oud nie, brood van die vorige dag is oud genoeg!! (dis nou daardie fraanse brood de lange) ( sny dit so min of meer vinger dikte)
1/2 liter melk
Vanilje geursel
Skil van ‘n suurlemoen
Doppie brandewyn of 2 of net soos jy daarvan sal hou.
2 Eiers
Olie vir diepbraai
Suiker en kaneel
So maak mens:
Jy kook die melk op met die skil van die suurlemoen en die vanilje geursel. Jy kan seker maar ook ‘n stukkie kaneel daarby sit.
As dit klaar gekook het, verwyder die suurlemoenskil en kaneelstokkie.
Voeg die brandewyn by, meng en dan laat jy dit goed afkoel.
Week die brood in die melk.(Onthou….hoe warmer die melk is hoe papper sal die brood wees)
Doop dit daarna in die melk.
Diep braai die torrijas totdat dit goud bruin is.
Skep uit op ‘n bord en sprinkel kaneel en suiker bo-oor.
Dit moet half lou geëet word.
En daar is jou Torrijas….as cheap as chips!!!
Gebraaide Melk (Leche Frita)
Dit is tipies spaans en baie, baie lekker en so maklik om te maak.
Jy het nodig:
3/4 liter melk
5 eetlepels suiker
5 eetlepels Maizena (90g)
2 eiergele
Skil van ‘n suurlemoen
1 stokkie kaneel
En dan ‘n bordjie meel op die gebraaide melk in te rol.
Mengsel van suiker en kaneel om bo-oor te strooi.
Olie vir diepbraai.
Los die maizena op in ‘n bietjie melk.
Die res van die melk word opgekook, met die skil van die suurlemoen, suiker en die kaneel stokkie.
Sodra dit begin kook, voeg die maizena by en roer aanhoudend met ‘n houtlepel.
Laat dit stadig kook vir 5 minute terwyl jy dit gedurig roer.
Haal dit van die hitte af en hou aan met roer totdat dit bietjie afgekoel het.
Voeg dan die eiergele by.
Haal die skil van die suurlemoen en die kaneel stokkie uit.
Gooi die mengsel in ‘n vlak bak, soos vir fudge.
Laat dit afkoel vir ten minste 2 ure.
Sny in blokkies, omtrent dubble die grote van fudge.
Rol dan elke blokkie in meel en dan in die eier en dan word dit diepgebraai in die olie.
Bedien dit soos ‘n pannekoek met suiker en kaneel.
Dit kan warm of koud geëet, die meeste mense verkies dit louwarm.
En dis dit!!
xx
Aspirine
Die vader van moderne geneeskunde is Hippocrates, hy het geleef erens tussen 460 vC en 377 vC. Hippokrates het historiese records agtergelaat van pyn behandelings, insluitend die gebruik van poeiers gemaak van die bas en blare van ´n wilgerboom, om mense te help met die verligting van hoofpyn, pyn en koors.
In 1828 het Johnn Buchner, ´n professor in apteekwese aan die Universiteit van München, dit reg gekry om ’n klein gedeelte van hierdie geel, bitter smaak stof te isoleer. En hy het dit salicine genoem.
In 1829 het wettenskappers ontdek dat dit die komponent genaamd salicine in die wilger plant is, wat pyn verlig.
In 1826 het twee Italiaaners, Brugnatelli en Fontana, dit al reeds reg gekry om salicine te isoleer maar dit was in ´n baie onsuiwer vorm.
´n Fraanse Chemicus, Henri Le Roux het die uittreksel proses verbeter en kon 30g suiwer salicine van 1.5kg bas verkry.
In 1838 het Raffaele Piri, ´n italiaanse chemikus dit reg gekry om salicine nog meer te verdeel. En hy het dit reg gekry om dit te verdeel in suiker en ´n aromatiese component. En daardie aromatiese component het hy salicinsuur genoem.
Kortom Henri le Roux was die eerste om salicine in sy suiwer vorm uittetrek, en Raffaele Piria het daarin geslaag om die salicinsuur in sy suiwer vorm te trek.
Maar daar was een problem, hulle het nou die wonder poeier maar dit was hopeloos te sterk vir die maag en hulle moes iets vind waarmee hulle dit kon bind wat as buffer sou dien.
20 Jaar later….
In 1853, was Charles Frederic Gerhadt, ´n Fraanse chemicus, die eerste person om dit te kan doen. Gerhardt geneutraliseerd salicylsuur deur dit te buffer met natrium (natriumsalicylaat) en acetyl chloride. Gerhardt se produk het gewerk, maar hy het geen behoefte op dit op die mark te bring nie en stoot sy ontdekking op sy.
Amper 50 jaar daarna het ´n duitse chemicus genaamd Felix Hoffman, wat by Bayer gewerk het Gerhardt se formule herontdek. Felix het ´n bietjie van die formule vir sy pa gegee wat gely het arthritis. Die resultate was goed en Felix oortuig Bayer om die nuwe wonder drug op die mark te sit.
En so word Aspirine gepatenteer op die 27ste Februarie 1900.
Aspirine was eers in poeier vorm en in 1915 was die eerste aspirien tablette vervaardig.
´n interessante feit is dat….
Aspirine en Heroïne was vroeër handelsmerke wat aan Bayer behoort het, maar nadat Duitland die 1ste wêreld oorlog verloor het, was Bayer gedwing om afstand te doen van beide handelsmerke.
Die Einstein Raaisel
Hierdie raaisel is uit gedink deur Albert Einstein. Hy beweer dat 98% van die mense nie hierdie raaisel kan oplos nie. Kyk of jy aan by die orige 2% behoort.
Daar is 5 huise met verskillende kleure geverf. In elke huis woon daar iemand met ‘n verskillende nationaliteit. Die 5 persone drink elkeen iets verskillend en rook ook verskillende sigarette en het ook elkeen ‘n verskillende troeteldier.
Die vraag is watter een het ´n vis?
Leidrade:
. Die Brit woon in ´n rooi huis.
. Die Sweed het honde vir troeteldiere.
. Die Deens drink tee.
. Die groen huis staan die naaste en links van die wit huis.
. Die eienaar van die groen huis drink koffie.
. Die man wat Pall Mall rook hou van voëls.
. Die eienaar van die geel huis rook Dunhill.
. Die man wat in die middelste huis woon drink melk.
. Die Noor woon in die eerste huis.
. Die man wat Blends rook woon die naaste aan die een wat katte het.
. Die man wat ´n perd het woon die naaste aan die wat Dunhill rook.
. Die person wat Blue Master rook drink bier.
. Die Duitser rook Prince.
. Die Noor woon die naaste aan die blou huis.
. Die man wat Blends rook het ´n buurman wat water drink.
Nou Wat Nou
Nou ja wat kan ek sê. In Madrid en seker maar soos in enige ander dorp, of nee, meer omdat dit ‘n groot stad is, het baie mense probleme met prostitute wat op elke hoek en draai staan en natuurlik ook die dwelms wat daarmee gepaard gaan.
Een inwoner wat nou so te sê gatvol was en bereid was om iets daar omtrent te doen, het vals kamaras geinstaleer op die balkon van sy woning en omdat sy woning op die hoek was, het hy sommer kameras geinstaleer wat na alle rigtings kyk. Die probleem wat die bure gehad het, het 1 2 3 opgeklaar.
Hy word nou beboet vir “ornamente” wat hy op sy balkon geinstaleer het.
Nou verstaan ek regtig waar nie die reg nie. Nou is die onwettige bedrywighede terug.
Nou wil ek ook graag weet, hoekom word die dwelmsmokkelaar en prostitut nie gearessteer of beboet nie. Dis mos nou so duidelik soos daglik wat daar aan die gebeur is. En wat hulle doen is heeltemal onwettig.
Ek sê nog steeds prostitute sal daar altyd wees, maar ek dink die vrouens moet, net soos die swart ou wat van Afrika af kom, wat probeer om ‘n lewe te maak deur sonbrille te verkoop, ook vir ‘n permit betaal om handel te dryf. En hiermee dink ek ook dat hulle moet geforseer word om gereeld te gaan vir mediese toetse. En ja….hulle moet ook belasting betaal soos ek en jy!!
Carnaval
Gister was die eerste dag van die Carnaval fees. Hier is dit ook soos ‘n koors. Wat ek nie kan verstaan nie, is dat die mense kla en huil dat hulle pelado is maar daar is altyd geld vir sigarette, wyn, drugs …. en nou ja ….altyd in vir ‘n fees of ‘n ding. Hier is dit mos altyd groot kompetisie aan die gang, die buurvrou se kind kan nie beter as joune lyk nie, en as die uitrusting 100euro gekos het, kan jy nie minder as 150euro spandeer nie. Ai tog!! die rat race tussen die spanjaarde kon ek nog nooit verstaan het nie.
Vanaf die kleuterskool tot in die laerskool moet die kinders opgedress word, op die eerste dag wat die Carnaval plaas vind. As die kinders in die hoërskool kom vind hierdie dinge nie meer plaas nie.
Nou ja, ek kan onthou toe my kind die laaste keer opgedress het, hy was toe nog 11. Soos altyd sê hy ook op die laaste nippertjie dat dit carnaval is en dat hy iets moet aan trek. Ons gaan toe winkel toe en daar is niks, al wat ‘n costume is, is alreeds uit verkoop behalwe vir ‘n Zoro suit. Jong ek het die ding so bekyk en dit het maar bietjie klein gelyk, maar dis wat die kind wou hê. koop toe maar ook ‘n swaard, want hoe sal Zoro lyk sonder sy swaard.
Ai Siestog…..hy trek daardie suit aan maar dit sit so styf, ek sê niks….wag maar dat hy eerste iets sê. Hy sê ook niks, dit lyk asof hy hou van wat hy aan het. Weg is ons in die kar na die plaza waar alles gaan plaas vind. Yo!! daar was nou van alles, selfs die oumas was opgetooi soos Mari Antionette!!
Uit spring die kind ek moet hom 8uur vanaand weer kom soek. Ek wou nog sê as iemand jou vra….sê jy is ‘n loodsoldaatjie!!
En daar tussen die lot sien ek my kind met sy Zorosuit en swaard, min gespin, stok stywe bene, high water pants, en hy kon skaars buk en ek lag en lag dat die trane loop.
Ek herroep toe gister hierdie staaltjie, en ons het weer van vooraf gelag daaroor!!
Potgooi_10
Nommer 10 het nou die lig gesien. Ek gesels oor die grêndste hek wat nou in Spanje gebou word. Sal nog fotos plaas wanneer dit klaar is.
Vertel ‘n kort storie van my vriendin se vriend se vriend…… wat ‘n slang gehad het vir ‘n troeteldier met eienaardige gewoontes.
Die ouens wat boete kry omdat hulle nie vooraf hulle vullis uit sorteer nie.
Die fliek “The Reader”….´n moet om te sien.
Die fliek “Lullby” wat my nekhare laat rys het.
http://janie0404.podomatic.com/
Paraskavedekatriaphobia
Paraskavedekatriaphobia….wat de hel?!?!…..so het ek ook gedink. Dis maar ‘n woord van griekse herkoms soos larengistis en farengitis. Meer eenvoudig…..dis wanneer jy daardie vrees het vir Vrydag die 13de.
Die gevreesde vrydag die 13de het meer betrekking tot lande soos Engeland, Frankryk, Duitsland, Pooland, Bulgarië, Portugal, Noorweë en seker ook die ander lande wat once upon a time a Engelse kolonie was.
Hier by ons in Spanje is dit nie Vrydag die 13de wat die gevreesde dag is nie, maar Dinsdag die 13de. Die Spanjaarde staan nie alleen nie, ander nasies wat ook vrees vir Dinsdag die 13 is die Grieke en ook die Romeine.
Wie kan onthou vir Angel Nieto, die Spanjaard wat 13 jaar agter mekaar die wêreld rekord gehou het in die GP. Hy het weer ‘n triskadekaphobia gehad. Hy’t tot so ver gegaan om die die nommer op sy motorfiets te verander na 12+1, net om die nommer 13 te vermy.
Triskadekaphobia is die vrees vir die nommer 13.
Tri wat 3 beteken in latyns en deka wat 10 beteken in latyns.
Volgens die mense wat weet sê dat Eva vir Adam die appel gegee het om ‘n Vrydag. Abel word dood geslaan deur sy broer Kain op ‘n Vrydag. Die Laaste Avond Maal van Jesus, was Jesus en sy 12 disippels. 13 In totaal.
Wie onthou die Italiaanse komponus, Giaochino Rossini? Volgens die mense wat hom geken het, beweer dat hy baie bang was vir Vrydag die 13de. En snaaks genoeg…..hy sterf toe juis op Vrydag die 13de November.
Daar word bereken dat tussen 800 en 900 Miljoen dollars word verloor omdat besigheidsmense nie transaksies wil doen op Vrydag die 13de nie.
Daar is so ‘n paar brave ouens tussen ons ook, die wat juis Vrydag die 13de pick om hulle dinge te laat gebeur soos Black Sabbath….hulle debuut album was uitgereik op Vrydag die 13de Februarie 1970.
´n Paar bekende wat gebore is op vrydag die 13de is Margaret Thatcher 13 October 1925 en ook Fidel Castro op die 13de Augustus 1926.
Hoop jy het dit interessant gevind.
Ciao
xx
Potgooi_09
Potgooi nommer 9 is uit, en jy kan maar gaan luister. Het weer vreeslik gesukkel om van Spaans na Afrikaans oor te gaan en het omtrent gesoek vir die regte woorde. Ek dink ek was verstaanbaar op die ou end.
Ek gesels ‘n bietjie oor ons liewe president wat aborsie wetting gemaak het en oor godsdiens wat hy verbied het as ‘n vak en dan ook oor die nie-rokers wet (wat ‘n goeie ding is) wat nie reg toegepas word nie.
Dan het ek ook my sê oor die duitse fliek “Die Welle”.
Ek dan sluit ek af met ‘n goeie wenk om jou poeier oogskadu wat stukkend geval het, weer op te fix.
Ja en dis dit!!
xx
Krappie Koppie 02
´n Ma en pa met hulle 2 kinders moet die rivier oorkruis. Die boot kan net 1 ouer of 2 kinders op ‘n slag dra. Hoe sal die hele gesin aan die ander kant kom?
-
Argiewe
- November 2009 (2)
- Oktober 2009 (2)
- April 2009 (3)
- Maart 2009 (7)
- February 2009 (4)
- Januarie 2009 (11)
- December 2008 (2)
- November 2008 (14)
- Oktober 2008 (10)
- September 2008 (3)
-
Kategorië
-
RSS
Inskrywings RSS
Comments RSS