Silwermaan’s Weblog

Sommer net vir gesels en om iets te deel

Potgooi no_16

Ek probeer nou baie hard om hierdie blog georganiseerd te kry. Dit gaan maar swaar as jy nie baie kennis in het in die lyn nie.
Maar nou ja dis potgooi nommer 16 en hier gesels ek oor Dubrovnik, a dorpie van Croacia. Gee dit a luister.xx

http://janie0404.podomatic.com/

November 2, 2009 Bygedra deur Janie | Uncategorized | | No Comments Yet

Pop Hare

As jou hare nou lyk soos een van daardie ou poppe. Daai met die plastiek hare wat na die eerste was so kroes en droog word. Moenie worry nie, jy hoef nie verder as jou kombuis te loop, as jy ‘n goeie goedkoop opknapper soek nie. Eiers, piesangs of mayonaise sal die ding doen.

Die eiers maak die hare sterk, maar dit herstel ook die “folico”. Dis nou ‘n spaanse woord, weet nie wat die afrikaanse woord vir dit is nie, maar dit is waar die groei van die hare plaas vind.

Meng die eiers soos wanneer jy roereiers maak. Gebruik dit net soos jy ‘n gekoopte opknapper sal gebruik nadat jy jou hare gewas het. Hou dit aan vir a paar minute en dan spoel jy dit baie deeglik af.

Die “potasio” wat piesangs bevat doen wondere aan hare wat beskadig is deur die hoë hitte van die droogblaser, werk ook goed vir wanneer jy jou hare heeltemal brittle geraak het van al die blykmiddels, veral die wat amoniaco bevat.

Maak die piesangs tot a pasta fyn en bewerk dit in die hare. Hou dit aan vir 15 minute en dan spoel jy dit baie deeglik af.

Mayonaise is baie goed vir droë gebreekte hare. Gebruik sommer ‘n koppie vol en bewerk dit in die droë hare, los dit aan vir 15 minute en was jou hare baie goed daarna, want mayonaise se hoof bestandeel is olie.

November 1, 2009 Bygedra deur Janie | Uncategorized | , , , , | No Comments Yet

As jy iemand SO lief het….

Dink net daar aan dat as jy iemand so baie lief het of miskien is dit verlief. En jy het net nie die woorde om dit uit te druk nie…wat van:
As ek vir jou een ding in die lewe kan gee, sal dit die vermoë wees, om jouself deur my oë te kan sien, net dan sal jy weet hoe lief ek jou werklik het….mmm….. dis nou lief.

Hulle sê ou liefde roes nie. Jy hou nie op om iemand lief te hê nie, jy leer net met die tyd om sonder daardie persoon te lewe. Sjoe!! dit moet seker die seerste seer wees om iemand lief te hê wat nie die selle voel oor jou nie.

Oktober 30, 2009 Bygedra deur Janie | Uncategorized | , , | 1 Kommentaar

Potgooi no: 14

Gesels maar bietjie oor die pizzeria en so aan….eintlik net om te sê dat ek het darem, die somer, hitte en harde werk oorleef!!

Oktober 26, 2009 Bygedra deur Janie | Uncategorized | | No Comments Yet

Etter

My buurman en sy vrou is etter en ek hoop hulle verstik eendag in hul eie stront.

Skies!!!…so ja……..nou voel ek beter!!

Sal op ‘n ander dag verduidelik….ek is nog steeds die moer in!!

April 3, 2009 Bygedra deur Janie | Uncategorized | | No Comments Yet

Krappie Koppie 02

´n Ma en pa met hulle 2 kinders moet die rivier oorkruis. Die boot kan net 1 ouer of 2 kinders op ‘n slag dra. Hoe sal die hele gesin aan die ander kant kom?

Januarie 27, 2009 Bygedra deur Janie | koppie krap | | 1 Kommentaar

Guernica die dorp

guernika01yz42

Dis Guernica nadat dit gebombardeer was in April 1937.

November 27, 2008 Bygedra deur Janie | Uncategorized | , , , | No Comments Yet

Arenales del sol

100_2564
Wat ‘n lieflike dag in Arenales del Sol……kan amper nie glo dis winter nie. Ons loop nog steeds met T-Shirts gedurende die dag!!

November 24, 2008 Bygedra deur Janie | Uncategorized | | No Comments Yet

EL Rastro

Nou ja, gisteraand het ons besluit dat ons vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd weer rastro toe sal gaan.  Die Rastro is soos ‘n vlooimark, of nee..nie eintlik nie.  Dis soos Greenmarket Square, daar in Kaapstad, of nee, ook nie eintlik nie.  Dis amper soos ‘n boot sale, miskien net so deurmekaar.  Al wat ek weet jy kan letterlik enige iets daar koop, nuwe, 2 de hands, vuil, oud, stukkend………..noem maar op jy sal dit daar kry.  Ons het vandag tot ou vuil panne daar gekry wat te koop aangebied was. 

Nou ja, Spanje is baie, baie bekend vir sy Rastros………….maar die een is anders.  Die een was nou al soveel keer verskuif of hy word toe gemaak, want baie breek by huise in en dan probeer hulle die gesteelde items daar verkoop.  Jy kom dit agter dat mense weet partykeer nie wat hulle verkoop nie.  ‘n Duur ding van 400 euro sal jy maklik daar kry vir 4 euro en dan kan ky nog probeer knibbel om die prys afgebring te kry.  Jy kan ook net probeer knibbel met ‘n Arabier, maar glad nie met ‘n swarte van Afrika of ‘n Duitser nie.

Ons was seker nou so ‘n jaar laas daar en jy moet al vroeg soontoe gaan as jy die beste bargains wil raakloop.  Ons was nogal baie vroeg daar, maar nie vroeg genoeg nie.  Die Rastro is masief, dit het omtrent gegroei in die laaste tyd.  Ons het vir 3 ure van die een ry na die ander beweeg. Die tyd het ons ingehaal en ons kon nie alles te sien kry nie. 

Die meeste mense wat koop en verkoop is die arabiere en gypsies.  Net altyd jou handsak styf teen jou hou en af en toe check of alles nog daarin is.  Dis is nou die perfekte plek vir ‘n sakkeroller.  Daar was hoeka ‘n spaanse vrou wat vir iemand gesê het.  “hey, wat maak jy met jou hand in daardie vrou se sak?”  kan jy nou meer, dan ontken hy dit ook nie.  Daar is nie ‘n polisieman in sig nie, en dis maar net jou woord teen syne.

Ek is toe huis toe met mangos en advocadopere, ‘n handsak, ‘n nuwe horlosie strap, 5 lopers vir my koffietaffeltjie…..van daai waarvan die borduur gare ingesluit is (hy het nie geweet daar was 5 in daardie sak nie)  ‘n keppie en die mooiste kristal vrugtebak….alles vir net 5 euro.

David het ‘n rooter en ‘n SAI (power supply) vir die rekenaar gekoop, alles in werkende toestand ook vir net 5 euro.

Nou ja toe, nou is daar nog minder plek in die huis!!

November 9, 2008 Bygedra deur Janie | Uncategorized | | No Comments Yet

Top Manta

Vanaand het ons besluit om so bietjie te gaan vir ‘n walk in Alicante. Was nogal lekker. Dis nog steeds nie te koud nie 24 grade en daar is nog heelwat mense wat met t-shirts rondloop. Wat my eerste opgeval het terwyl ons so deur die Explanada loop. Die Explanada is die plek waar almal uithang op ‘n Sondag. Plek is vol deftige restaurante, party baie duurder as ander, maar min of meer almal duur. Daar is plekke wat redelik baie mense het, maar wat eet en drink hulle…..lyk my niemand eet niks nie, almal het ‘n koppie koffie of ‘n bottletjie water voor hulle. En wat ons ook opgemerk het, was dat dit almal die ouers mense was. Lyk my die jong mense het nie meer die geld om uit te eet nie. Ek kan onthou hoe stampvol Alicante was op ‘n Sondag namiddag. Dit was nie eintlik ‘n plesier om daar te loop nie, want jy moet die heeltyd uitswaai of stop vir iemand wat voor jou inloop. Daar is ook verskriklik baie “top mantas”. Top mantas wat ek direk sou vertaal na afrikaans is “bo-op die kombers” verkope. Dis gewoonlik die mense wat parfume, cd’s en al sulke goed ilegal verkoop. Alles is natuurlik pirate stuff. Hoekom hulle dit so noem is omdat al hulle stock bo-op die kombers is, en vandag het ek vir die eerste keer agter gekom dat die hoeke van die kombers met dun tou vas gemaak is. Hoe sou ek dit kan verduidelik. Daar loop ‘n tou van elke tenoorgestelde punte, sodat dit ‘n x form oor die kombers. Dis nou natuurlik vir ingeval die polisie daar opdaag dat hulle net die toue kan trek en so die kombers oplig en sodoende val al hulle stock in die middel van die kombers. So sal hulle nie die helfte van die voorraad verloor wanneer hulle van die polisie vlug nie.

Siestog ek voel nogal baie jammer vir hulle. Dis al manier hoe hulle ‘n inkomste kan hê. Hierdie somer het ons bevriend geraak met een van die top mantas, hy het nou nie ‘n kombers gehad nie, maar ‘n rugsak vol gepak met pirate cd’s. Samba het vir my baie ordentlik voorgekom, ag wat, elke keer as ek hom gesien het, het ek altyd vir hom ‘n pizza aangebied. Hy het die ordentlikheid gehad om party keer nee dankie te sê, alhoewel jy kon sien dat hy regtig waar min gekry het om te eet. Hy het elke aand daar verby gekom al was dit net om te groet.

In elk geval, hy het ons vertel dat die Chineese al die parfumes vervaardig en skelm invoer en cd’s druk en dat dit eintlik glad nie goedkoop is om van hulle te koop nie. Hulle maak maar so iets soos 1 euro op elke verkope. En dan verkoop hulle nie meer as 4 of 5 cd’s per dag nie. Daai geld stuur hy nou weer netso weg na sy familie in Senegal. Ek is glad nie iemand wat sulke goed ondersteun nie. So ek sal nie koop nie. maar ek het so deur sy cd’s gegaan en toe kom ek af op ‘n Depeche Mode cd wat ek glad nie ken nie. Ek is mos ‘n DM fanatic. Ek het dit terug gesit, maar later toe ek toesluit sien ek die cd op die rak. Hy het dit vir Max gegee om vir my te gee, hy het geweet ek sou dit nooit koop nie. Dit was seker sy manier om dankie te sê vir al die blikkies fantas en pizzas wat hy geniet het.

Miskien is dit beter om nie te gou te oordeel nie. Miskien lewe ons beter as ander, maar dit maak nie van ons beter mense nie.

Oktober 26, 2008 Bygedra deur Janie | Uncategorized | | No Comments Yet