Ek is maar ‘n gewone mens wat al vir donkie jare in Spanje bly. Ek is die 2de jongste van 6 kinders. Nou ja my ouers was altwee doofstom. My ma is nou al amper 40 jaar oorlede en my pa so 12 jaar gelede. Het nie geweet mens gaan so gou dood nie… en ek het iets daaruit geleer…ek het geleer dat ‘n mens eerder blomme moet gee voor die dood wat dan nog iets beteken vir daardie persoon as daarna. Nou ja my pa was ook sommer my ma en sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie. As ek maar net sy replica kan wees!! Hy was my rots, my trots, my alles.
My broer, Emile is ook nou al 8 jaar oorlede. Eintlik baie wreed vermoor, daar in die mooiste Kaap. Dit is seker my grootste, pynlikste, seerste seer gedagte. Iets waaroor ek seker nooit sal kom nie.
Nou ja….vandag is ek hier in Spanje……..ver van die familie, ver van my mense, ver van my kultuur. Ek woon nou al hier vir die laaste 20 jaar. Ek het besluit dat dit goed sal wees om ‘n bietjie te blog, net om nie heeltemal op te roes met die taal nie, en miskien blog ek iets wat jou interesseer.
Ek het ook nou hierdie potgooi ding aangepak. Wou dit nog altyd doen. So het ek dan weer nog ‘n geleentheid om afrikaans te praat.
Nou ja die DJ Storie doen ek ook nou seker vir die laaste 2jaar of iets. Jy kan na my gaan luister as jy hier kliek. Ek saai uit elke Woensdag tussen 7 en 8 SA tyd. Ek doen dit, want………ek smaak afrikaans!!
En soos ek blog sal jy my seker ook leer ken.
Alles wat mooi is en onthou……. “¡Solo se vive una vez!”