‘n Nuwe dag
Dis ‘n splinter nuwe dag. Gister se toekoms en môre se verlede. Met al die siektes wat mense kry of sal ek sê siektes wat veroorsaak word deur gewoontes, meestal slegte gewoontes het my laat besluit om sommer weer van vooraf na myself te kyk, meestal na my leefstyl. Gelukkig is ek nie ‘n roker nie, en gelukkig is ek ook nie ‘n gewoonte drinker nie, of gereelde drinker nie, ek geniet elke dag my glasie wyn met middag etes. Maar nou ja, volgens die dokters of mense wat beter weet as ek, sê dis ‘n goeie gewoonte. Ek het weer die stof van die baaisiekel gevee. Dit het vir 3 maande stil gestaan…..en ja……ek is nou gereed om weer alles waarvan ek hou met oorgawe te doen.
Nog geen kommentaar nie.
Lewer kommentaar
-
Argiewe
- November 2009 (2)
- Oktober 2009 (2)
- April 2009 (3)
- Maart 2009 (7)
- February 2009 (4)
- Januarie 2009 (11)
- December 2008 (2)
- November 2008 (14)
- Oktober 2008 (10)
- September 2008 (3)
-
Kategorië
-
RSS
Inskrywings RSS
Comments RSS