Whiskey of Whisky
Alle Bourbons is whisky, maar nie alle whisky’s is bourbon. Die Kanadeense en Skotte spel dit “whisky” en die Iere spel dit “whiskey.” De meeste Amerikaanse woordeboeke verkies die Ierse spelling van “whiskey,” maar die Amerikaanse Standaard van Identiteit van Gedistilleerde Spirits, spel dit “whisky.” In die spaanse woorde boek is dit Whisky. Dis hoe die spanjaarde dit spel maar dis ´n klomp moeilike letter en ´n regte tong knoper vir die meeste spanjaarde. Hulle spreek dit uit as Weekie.
Volgens ´n internationale wet, vir ´n whiskey om in aanmerking te kom as bourbon, moet dit vervaardig word in die VSA. Dit moet uit ten minste 51% en nie meer as 79% Indiese mielies bestaan, en die veroudering moet ten minste twee jaar wees(hoewel die meeste bourbons is vir vier jaar of meer verouderd). Die vate vir die veroudering kan gemaak word van enige nuwe eikehout, en dit moet verkool aan die binnenkant wees. Dit moet dan gedistilleerd word tot nie meer as 80% alkohol per volume. Niks mag bygewoeg word by die bottel proses wat die kleur of smaak kan verander nie.
En dis dit……..tot ‘n volgende keer.
ciao
xx
‘n Nuwe dag
Dis ‘n splinter nuwe dag. Gister se toekoms en môre se verlede. Met al die siektes wat mense kry of sal ek sê siektes wat veroorsaak word deur gewoontes, meestal slegte gewoontes het my laat besluit om sommer weer van vooraf na myself te kyk, meestal na my leefstyl. Gelukkig is ek nie ‘n roker nie, en gelukkig is ek ook nie ‘n gewoonte drinker nie, of gereelde drinker nie, ek geniet elke dag my glasie wyn met middag etes. Maar nou ja, volgens die dokters of mense wat beter weet as ek, sê dis ‘n goeie gewoonte. Ek het weer die stof van die baaisiekel gevee. Dit het vir 3 maande stil gestaan…..en ja……ek is nou gereed om weer alles waarvan ek hou met oorgawe te doen.
-
Argiewe
- November 2009 (2)
- Oktober 2009 (2)
- April 2009 (3)
- Maart 2009 (7)
- February 2009 (4)
- Januarie 2009 (11)
- December 2008 (2)
- November 2008 (14)
- Oktober 2008 (10)
- September 2008 (3)
-
Kategorië
-
RSS
Inskrywings RSS
Comments RSS