Silwermaan’s Weblog

Sommer net vir gesels en om iets te deel

‘n Nuwe dag

Dis ‘n splinter nuwe dag. Gister se toekoms en môre se verlede. Met al die siektes wat mense kry of sal ek sê siektes wat veroorsaak word deur gewoontes, meestal slegte gewoontes het my laat besluit om sommer weer van vooraf na myself te kyk, meestal na my leefstyl.  Gelukkig is ek nie ‘n roker nie, en gelukkig is ek ook nie ‘n gewoonte drinker nie, of gereelde drinker nie, ek geniet elke dag my glasie wyn met middag etes.  Maar nou ja, volgens die dokters of mense wat beter weet as ek, sê dis ‘n goeie gewoonte.  Ek het weer die stof van die baaisiekel gevee.  Dit het vir 3 maande stil gestaan…..en ja……ek is nou gereed om weer alles waarvan ek hou met oorgawe te doen.

September 17, 2008 Bygedra deur Janie | Wat maal in my kop | | No Comments Yet

My hoekie

Net om te bewys dat ek baie besig is. Sodra ek klaar my agterstallige boukhou werk opdatum het sal ek meer gereeld begin pos. My man noem dit die hoekie vir eensames maar wat weet hy……van eensaamheid is daar niks te sien nie. Ek het dan alles waarvan ek hou om my!!

Oktober 9, 2008 Bygedra deur Janie | Sommer Net | | No Comments Yet

November 2, 2009 Bygedra deur Janie | Uncategorized | | No Comments Yet

Pop Hare

As jou hare nou lyk soos een van daardie ou poppe. Daai met die plastiek hare wat na die eerste was so kroes en droog word. Moenie worry nie, jy hoef nie verder as jou kombuis te loop, as jy ‘n goeie goedkoop opknapper soek nie. Eiers, piesangs of mayonaise sal die ding doen.

Die eiers maak die hare sterk, maar dit herstel ook die “folico”. Dis nou ‘n spaanse woord, weet nie wat die afrikaanse woord vir dit is nie, maar dit is waar die groei van die hare plaas vind.

Meng die eiers soos wanneer jy roereiers maak. Gebruik dit net soos jy ‘n gekoopte opknapper sal gebruik nadat jy jou hare gewas het. Hou dit aan vir a paar minute en dan spoel jy dit baie deeglik af.

Die “potasio” wat piesangs bevat doen wondere aan hare wat beskadig is deur die hoë hitte van die droogblaser, werk ook goed vir wanneer jy jou hare heeltemal brittle geraak het van al die blykmiddels, veral die wat amoniaco bevat.

Maak die piesangs tot a pasta fyn en bewerk dit in die hare. Hou dit aan vir 15 minute en dan spoel jy dit baie deeglik af.

Mayonaise is baie goed vir droë gebreekte hare. Gebruik sommer ‘n koppie vol en bewerk dit in die droë hare, los dit aan vir 15 minute en was jou hare baie goed daarna, want mayonaise se hoof bestandeel is olie.

November 1, 2009 Bygedra deur Janie | Uncategorized | , , , , | No Comments Yet

As jy iemand SO lief het….

Dink net daar aan dat as jy iemand so baie lief het of miskien is dit verlief. En jy het net nie die woorde om dit uit te druk nie…wat van:
As ek vir jou een ding in die lewe kan gee, sal dit die vermoë wees, om jouself deur my oë te kan sien, net dan sal jy weet hoe lief ek jou werklik het….mmm….. dis nou lief.

Hulle sê ou liefde roes nie. Jy hou nie op om iemand lief te hê nie, jy leer net met die tyd om sonder daardie persoon te lewe. Sjoe!! dit moet seker die seerste seer wees om iemand lief te hê wat nie die selle voel oor jou nie.

Oktober 30, 2009 Bygedra deur Janie | Uncategorized | , , | 1 Kommentaar

Potgooi no: 14

Gesels maar bietjie oor die pizzeria en so aan….eintlik net om te sê dat ek het darem, die somer, hitte en harde werk oorleef!!

Oktober 26, 2009 Bygedra deur Janie | Uncategorized | | No Comments Yet

Ons Paasfees.

100_2711100_27091

Uit eindelik is hierdie hek nou so te sê klaar. Nou wag ons net vir die permit om die muur op te knap en die pilare te bou. Uit hou en aan hou!!!

April 13, 2009 Bygedra deur Janie | Sommer Net | , | No Comments Yet

Potgooi_13

Potgooi nommer 13 is uit. Ek gesels so bietjie oor die film Gran Torino en dan die geld eenheid van Yap Eiland waar daar nog steeds handel gedryf word met klippe.

http://janie0404.podomatic.com/

April 7, 2009 Bygedra deur Janie | Potgooie | , , , , | No Comments Yet

Etter

My buurman en sy vrou is etter en ek hoop hulle verstik eendag in hul eie stront.

Skies!!!…so ja……..nou voel ek beter!!

Sal op ‘n ander dag verduidelik….ek is nog steeds die moer in!!

April 3, 2009 Bygedra deur Janie | Uncategorized | | No Comments Yet

Potgooi 12

Die een is beter as laas week sin. Het darem iets gehad om oor te gesels. Ek gesels oor die Benidorm Palce. Dis die plek waarheen ons gegaan het vir ons huweliks herdenking. Dit was so lekker en as iemand ooit vir my kom kuier vat ek hom soontoe.
Dan het ek ook iets te sê gehad oor die herkoms van April Fool’s dag.

Maart 31, 2009 Bygedra deur Janie | Potgooie | | No Comments Yet

Kangeroes

Ek het vandag op iets heel interessant af gekom oor kangeroes.

Hulle sê dat kangeroes kan 2 verskillende soorte melk op die selfde tyd produseer of hê, op die aangrensende tepels. Terwyl die baba in die sak aan die een tepel suig is die ander tepel vir die groter kangeroe wat nie meer in die sak is nie. Daardie melk van daardie tepel vir die ouer kangeroe het ‘n hoër persentasie eiwit of proteïne, so iets soos 33% en ook meer vette, so iets soos 400% meer.

Nou ja so leer ek ook iets!!!

Maart 27, 2009 Bygedra deur Janie | Het jy geweet? | , | No Comments Yet

Potgooi 11

Sjoe!!! Potgooi nommer 11 is uit, as jy dit ‘n luister wil gee. Dis maar ‘n baie kortetjie. Ek probeer ‘n gesprek aanknoop met my seun wat eintlik 20 jaar gelede Afrikaans gepraat het. Ek was verbaas dat hy die taal so goed verstaan het!! Maar die potgooi moes ons weer oor opneem, want met die 1ste probeer slag het ons so gelag, want hy moes omtrent soek vir sy woorde. Toe het ons besluit dat dit beter sou wees as hy op ‘n blad ‘n paar sleutel woorde neerskryf.

Dit was fun…..dankie Clinton.
xx

Maart 25, 2009 Bygedra deur Janie | Potgooie | | No Comments Yet